Die Bybel by God

Die Bybel by God

Author:God
Language: eng
Format: mobi
Tags: Afrikaans
Publisher: Bible Society of South Africa
Published: 2012-02-24T12:27:53+00:00


PSALM 75

Die Wêreldregter met die toornbeker.

1 VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” ’n Psalm van Asaf. ’n Lied.

2 Ons loof U, o God, ons loof, en naby is u Naam; hulle vertel u wonders.

3 As Ek die regte tydstip aangryp, oordeel Ék regverdig.

4 Al wankel die aarde en al sy bewoners — Ék het sy pilare vasgestel. Sela.

5 Ek sê tot die onsinniges: Wees nie onsinnig nie! en tot die goddelose: Verhef die horing nie!

6 Verhef julle horing nie daarbo en spreek nie met trots uitgerekte nek nie.

7 Want nie van die opgang of van die ondergang, ook nie van die woestyn van berghoogtes nie ...

8 maar God is regter: Hy verneder die een en verhef die ander.

9 Want in die hand van die HERE is ’n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

10 Maar ék sal vir ewig verkondig — ek wil psalmsing tot eer van die God van Jakob.

11 En ek sal al die horings van die goddelose mense stukkend breek; die horings van die regverdige sal verhef word.



Download



Copyright Disclaimer:
This site does not store any files on its server. We only index and link to content provided by other sites. Please contact the content providers to delete copyright contents if any and email us, we'll remove relevant links or contents immediately.